Tale in Suid-Afrika

Drietalige regeringsgebou-teken in Afrikaans, Engels en Xhosa in Stellenbosch

Daar word vele tale in Suid-Afrika gepraat. Daar is twaalf amptelike tale benewens nieamptelike tale en die tale van immigrante en asielsoekers. Dit maak Suid-Afrika die land ter wêreld met die naasmeeste amptelike tale ná Indië. Terwyl Indië voorkeur gee aan Engels en Hindi, is al twaalf amptelike tale volgens die Grondwet van Suid-Afrika gelykwaardig. Twee van die amptelike tale (Afrikaans en Engels) is van Germaanse oorsprong, terwyl nege ander deel vorm van die Bantoetaalfamilie. Die twaalfde amptelike taal is die gebaretaal.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy